Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 240 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die verhouding tussen hel en wêreld

1. (Die Heer:) 'Laat niemand van julle egter dink dat Ek ook die hel eens op `n tyd geskape het nie! Dit is ver van My en van julle almal! Dink ook nie, dat dit `n plek van ewige bestraffing van die boosdoeners van hierdie aarde is nie! Hy het hom vanself gevorm uit al die talle mensesiele wat op hierdie aarde elke goddelike openbaring weghoon, God verloën, slegs doen wat hulle uiterlike sinlikheid behaag, maar homself uiteindelik goddelike eer laat bewys en laat die hele volk deur hulle howelinge onderrig word dat hulle self gode was en dat die hele volk hulle moes aanbid, soos wat Nebukadnesar dit in Babilon gedoen het. Hulle bedink opnuut afgodery en dwing die volke om dit te aanbid en groot offers aan hulle te bring; wie dit nie doen nie, word onmenslik gemartel.

2. Daaruit kan julle goed sien wat se mag die hel oor die hele aarde uitoefen, en hoe dringend dit nodig was dat Ek Self in die materie moes afdaal om die ou, maar noodsaaklike oordeel met My hele inset te deurbreek en daardeur teen die hel, wat homself geskape het, `n dam op te werp wat hy nooit weer so sal deurbreek soos wat dit tot nou toe die geval was nie.

3. Ek, die Allerheiligste, moes My met die onheiligheid van die swakheid van die mense van die geskapene beklee, om soos `n sterk held die hel te kon nader om dit te oorwin. Ek het nou na haar toe gekom, is daar in die middel, en alle duiwels en satans vlug voor My soos los kaf in die stormwind.

Hoofstuk 240 Mobiele weergawe Kommentaar