Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 240 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

4. En hiermee het Ek julle nou met `n voorbeeld laat sien wat die hel is, wat hy doen, ten dele nog doen, en wat die verlossing is. - Het julle dit wel enigsins verstaan?'

5. Nou sê Agricola vol verbasing: 'Heer, so `n beskrywing van die hel het my nog nooit ter ore gekom nie! Ons Romeine het haar in ons fantasie onder die aardbodem geplaas, en dan spesiaal op die plek waar daar, soos wat by ons is, van die berge is wat voortdurend rook en van tyd tot tyd groot, alles verwoestende vuurmassas uitspu. Ag, maar so sien die saak baie anders daaruit! Dan is die hele aarde immers nou, met `n mensegeslag wat buitengewoon losbandig is, `n volmaakte hel; want in hierdie wêreld gaan dit nou net so, soos U ons die hel in der waarheid beskrywe het!'?

Hoofstuk 240 Mobiele weergawe Kommentaar