Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 240 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

6. Ek sê: 'Ja, my vriend, die wêreld en die hel is net so één soos liggaam en siel één is. Die groot hellesiel bedien haarself net so van die uiterlike wêreld as wat die siel haarself van haar liggaam bedien. As die siel `n engel is deur haar liefde tot God en die naaste, dan sal die liggaam ook maar net goed doen, omdat die siel, wat die liggaam lewend maak, niks kwaad wil en kan doen nie; maar as die siel al volledig `n duiwel is, dan is haar liggaam dit ook.

7. Ek het egter nou in hierdie wêreldliggaam gekom om al die legioene maal legioene duiwels daaruit te verdrywe. Ek het julle gister met die jong vrou in die kleine `n voorbeeld gegee van wat ek nou in die grote doen. Ek sal nou die huis skoonvee van die ou duiwels; maar as die mense hulle nie daarby sal hou nie, dan sal hulle gou gereed wees met `n nuwe hel en haar duiwels, en die sal dan baie gou in die gereinigde huis intrek en `n toestand in die wêreld teweeg bring wat nog erger sal wees as wat die eerste vir My was.

Hoofstuk 240 Mobiele weergawe Kommentaar