Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 240 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

7. Ek het egter nou in hierdie wêreldliggaam gekom om al die legioene maal legioene duiwels daaruit te verdrywe. Ek het julle gister met die jong vrou in die kleine `n voorbeeld gegee van wat ek nou in die grote doen. Ek sal nou die huis skoonvee van die ou duiwels; maar as die mense hulle nie daarby sal hou nie, dan sal hulle gou gereed wees met `n nuwe hel en haar duiwels, en die sal dan baie gou in die gereinigde huis intrek en `n toestand in die wêreld teweeg bring wat nog erger sal wees as wat die eerste vir My was.

8. Want soos voorheen, moet elke siel ook nou en in die vervolg haar wils- en kennisvryheidsproef in die liggaam deurmaak, en dit kan nooit as te nimmer sonder toegelate prikkels tot die goeie en die bose plaasvind nie. Maar nou het die mense My hulp byderhand en hulle kan die hel, wat hom in hulle wil uitbrei, altyd met glans oorwin, wat nou juis die gevolg van My verlossing is. Die wat dit egter nie sal doen nie, sal nog diensbaarder aan die nuwe hel wees as die voriges wat tot op hierdie tyd was.'

Hoofstuk 240 Mobiele weergawe Kommentaar