Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 241 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Natuurlik, as ek nie weet of sien dat daar êrens vir `n mens deur sy handelwyse gevaar dreig nie, dan het ek ook geen gevoel vir hom en kan ek hom ook nie help nie; maar as ek dit sien, weet en voel, dan mag ek `n mens, al is hy hoe dom en eiesinnig, nie deur sy eie wil aan sy ondergang prysgee nie, en dit kan `n voelende hart nie onverskillig laat of daar tussen duisend mense nege-honderd nege-en-negentig verlore gaan of nie. En ek kan daarom slegs al diegene prys wat hartseer en treurig word as hulle besef dat daar so ontsettend baie is wat so goed as vir ewig verlore is, en ek vind dit nou ook baie natuurlik dat hierdie edel voelende mense hulle op die wyse vir die Heer uitgespreek het. Want van Hom kan mens tog wel met die volste vertroue verwag, dat Hy ons in die opsig `n korrekte verklaring, ook al is dit deur een of ander beeld, sal gee. - Heer, het ek reg geoordeel of nie?' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 241, Paragraaf 3

Hoofstuk 241 Mobiele weergawe Kommentaar