Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 241 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

3. Natuurlik, as ek nie weet of sien dat daar êrens vir `n mens deur sy handelwyse gevaar dreig nie, dan het ek ook geen gevoel vir hom en kan ek hom ook nie help nie; maar as ek dit sien, weet en voel, dan mag ek `n mens, al is hy hoe dom en eiesinnig, nie deur sy eie wil aan sy ondergang prysgee nie, en dit kan `n voelende hart nie onverskillig laat of daar tussen duisend mense nege-honderd nege-en-negentig verlore gaan of nie. En ek kan daarom slegs al diegene prys wat hartseer en treurig word as hulle besef dat daar so ontsettend baie is wat so goed as vir ewig verlore is, en ek vind dit nou ook baie natuurlik dat hierdie edel voelende mense hulle op die wyse vir die Heer uitgespreek het. Want van Hom kan mens tog wel met die volste vertroue verwag, dat Hy ons in die opsig `n korrekte verklaring, ook al is dit deur een of ander beeld, sal gee. - Heer, het ek reg geoordeel of nie?'

4. Ek sê: 'My beste broer Lasarus, jy het baie korrek geoordeel! Ook al mopper alle Fariseërs en Skrifgeleerdes daaroor, tog is slegs Ek die Heer, en kan doen wat Ek wil, en niemand kan My ter verantwoording roep en sê: 'Heer, waarom doen U dit of dat nie?'

5. Ek sal julle egter oor die ware barmhartigheid van God `n paar voorbeelde gee, en oordeel julle dan self aan die hand daarvan, hoe dit daarmee staan. - Luister dus na My!'

Hoofstuk 241 Mobiele weergawe Kommentaar