Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 242 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

6. Baie gou daarna versamel die jongste al sy besittings en gaan weg na `n ver land. Toe hy `n plek vind wat hom aanstaan, verkwis hy al sy geld daar. Nadat hy baie gou deur al sy besittings gejaag het, kom daar `n groot skaarste in die land en hy begin gebrek te ly. Daarop gaan hy na `n burger van die land en vra hom vir werk, en die stuur hom na sy akker om sy varke op te pas. Na `n paar dae van varke oppas, kry hy egter `n groot honger en wou sy buik vul met die peule wat die varke eet, maar niemand gee vir hom daarvan nie.

7. Omdat hy egter so `n honger gehad het en hom, toe die nood die hoogste was, slegs met wortels en gras gevoed het, kom hy eindelik tot homself en sê in sy gedagtes: 'Hoeveel dagloners het my vader tuis wat brood in oorvloed het en ek vergaan van die honger! Ek sal egter op die pad na my vader gaan en vir hom sê: 'Vader, ek het gesondig in die hemel en voor u! Ek is voortaan nie meer werd dat ek u seun is nie; maar neem my aan as een van u minste dagloners!' (Jeremia 3:12 en Psalm 51:6)

Hoofstuk 242 Mobiele weergawe Kommentaar