Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 242 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

7. Omdat hy egter so `n honger gehad het en hom, toe die nood die hoogste was, slegs met wortels en gras gevoed het, kom hy eindelik tot homself en sê in sy gedagtes: 'Hoeveel dagloners het my vader tuis wat brood in oorvloed het en ek vergaan van die honger! Ek sal egter op die pad na my vader gaan en vir hom sê: 'Vader, ek het gesondig in die hemel en voor u! Ek is voortaan nie meer werd dat ek u seun is nie; maar neem my aan as een van u minste dagloners!' (Jeremia 3:12 en Psalm 51:6)

8. En so gaan die seun op die pad en reis na sy vader. Op `n groot afstand sien die vader die seun al aankom, en hy kry medelye met hom. Daarom loop hy hom met oop arms tegemoet, val hom om die hals en kus hom. Die seun sê egter vir hom: 'Vader, ek het in die hemel en voor u gesondig; ek is in die vervolg nie meer werd dat ek u seun genoem word nie!' Maar die vader sê vir sy knegte: 'Bring dadelik die beste gewaad en trek dit vir hom aan, en gee hom `n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring `n gemeste kalf, slag dit en laat ons eet en vrolik wees! Want hy, my seun, was dood en het weer lewend geword, hy was verlore en is gevind! Laat ons nou dus sing en vrolik wees!'

Hoofstuk 242 Mobiele weergawe Kommentaar