Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 243 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die gevolge van die verkeerde voorstelling van die ander kant

1. Net die Fariseërs was dit nog nie eens daaroor nie, en die Skrifgeleerde sê: 'Die geheel klink weliswaar baie hoopvol, maar pas nie by die begrip van `n daarteenoorstaande ewige beloning nie. Want as die goeie mens vir sy goeie handelinge, en vir sy geduld met alle soorte pyn en lyding, skadeloos gestel word deur `n ewige beloning aan die ander kant, dan moet ook die boosdoener, wat op hierdie wêreld maar net `n goeie lewe gelei het, ewig bestraf moet word.

2. En as `n mens die mense sou vertel dat daar uiteindelik ook nog verlossing uit die hel moontlik is, dan sal daar nog meer boosdoeners op die aarde kom! Nou nog hou die vrees vir die ewige straf in die hel baie mense van bose handelinge af, en die hoop op die bereik van die ewige geluksaligheid spoor die mense aan tot die goeie! Maar as ons aanneem dat die verdoemdes ook nog `n moontlike kans het om eenmaal salig te word, dan sal die goeie homself ook meer en meer by hulle voeg, en die suiwer goeie sal op aarde baie gou net so seldsaam word as diamante. Dit is alles wel baie troosryk vir `n week hart, - maar die gevoel van regverdigheid verdwyn daarby! So is dit my eerlike mening.'

3. Ek sê: 'Vir jou kan dit wel baie eerlik wees, maar vir My is dit baie krom! As jy glo dat hetsy die hel of die hemel as beweegrede moet dien om die mense van die bose af te hou en na die goeie toe te bring, dan gaan jy tog wel van `n baie foutiewe gedagte uit; want die volkome slegte mens lag oor jou hel en oor jou hemel, en die volkome goeie is ook goed sonder jou hel en sonder jou hemel. Want op die manier waarop jy die saak voorstel, is die hel en die hemel eers heeltemal geskik om elke mens so sleg as moontlik te maak.

4. Want wie goed doen slegs vanweë die loon, leen sy geld teen hoë rente uit, en wie dit doen, besit geen naasteliefde nie, en nog minder liefde vir God. Want hoe kan iemand sy naaste wat hy sien, nie liefhê nie, maar wel vir God liefhê wat hy nie kan sien nie?

5. Neem egter net die hemel en hel weg, en kyk dan na jou vroom mense! Hulle sal nog erger te kere gaan as `n winsbejagte makelaar wat agterkom dat sy skuldenaar met die geleende geld weg is; en omdat hy geen helse straf meer te verduur het nie, sal sulke mense dan maar net deur die bekragtigde wêreldse wette in toom gehou word.

Hoofstuk 243 Mobiele weergawe Kommentaar