Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 243 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

3. Ek sê: 'Vir jou kan dit wel baie eerlik wees, maar vir My is dit baie krom! As jy glo dat hetsy die hel of die hemel as beweegrede moet dien om die mense van die bose af te hou en na die goeie toe te bring, dan gaan jy tog wel van `n baie foutiewe gedagte uit; want die volkome slegte mens lag oor jou hel en oor jou hemel, en die volkome goeie is ook goed sonder jou hel en sonder jou hemel. Want op die manier waarop jy die saak voorstel, is die hel en die hemel eers heeltemal geskik om elke mens so sleg as moontlik te maak.

4. Want wie goed doen slegs vanweë die loon, leen sy geld teen hoë rente uit, en wie dit doen, besit geen naasteliefde nie, en nog minder liefde vir God. Want hoe kan iemand sy naaste wat hy sien, nie liefhê nie, maar wel vir God liefhê wat hy nie kan sien nie?

5. Neem egter net die hemel en hel weg, en kyk dan na jou vroom mense! Hulle sal nog erger te kere gaan as `n winsbejagte makelaar wat agterkom dat sy skuldenaar met die geleende geld weg is; en omdat hy geen helse straf meer te verduur het nie, sal sulke mense dan maar net deur die bekragtigde wêreldse wette in toom gehou word.

6. Dit was dus al van die begin af aan verkeerd gewees van die mense, dat die oudstes die hel vir hulle kinders so warm as moontlik verduidelik het en die hemel afgeskilder het met alle kleure van die lig en met alle genietinge wat die menslike sintuie streel. Daardeur het hulle wel `n soort vroomheid veroorsaak, wat egter vanweë die hel, waar jy baie maklik in kan beland, en vanweë die hemel, wat te moeilik bereik kan word, nooit in ware liefde tot God en die naaste kon oorgaan nie, wat by die swakker karakters in `n steeds groot vrees ontaard het en by die sterkeres, wat meer verlig was, oorgegaan het in `n totale onverskilligheid ten voorskrifte van God en die medemens. Want hierdie sterker mense glo self heeltemal niks nie, maar werk pro forma saam om die gewone volk die geloof te laat behou, sodat hulle nie in opstand sou kom teen hulle vir wie hulle moet werk nie, sodat hulle vir hulleself, in die plek van die verlore geloof in God en die hemel en die hel, op die wêreld `n hemel non plus ultra kon berei.

Hoofstuk 243 Mobiele weergawe Kommentaar