Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 243 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Dit was dus al van die begin af aan verkeerd gewees van die mense, dat die oudstes die hel vir hulle kinders so warm as moontlik verduidelik het en die hemel afgeskilder het met alle kleure van die lig en met alle genietinge wat die menslike sintuie streel. Daardeur het hulle wel `n soort vroomheid veroorsaak, wat egter vanweë die hel, waar jy baie maklik in kan beland, en vanweë die hemel, wat te moeilik bereik kan word, nooit in ware liefde tot God en die naaste kon oorgaan nie, wat by die swakker karakters in `n steeds groot vrees ontaard het en by die sterkeres, wat meer verlig was, oorgegaan het in `n totale onverskilligheid ten voorskrifte van God en die medemens. Want hierdie sterker mense glo self heeltemal niks nie, maar werk pro forma saam om die gewone volk die geloof te laat behou, sodat hulle nie in opstand sou kom teen hulle vir wie hulle moet werk nie, sodat hulle vir hulleself, in die plek van die verlore geloof in God en die hemel en die hel, op die wêreld `n hemel non plus ultra kon berei. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 243, Paragraaf 6

Hoofstuk 243 Mobiele weergawe Kommentaar