Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 243 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

6. Dit was dus al van die begin af aan verkeerd gewees van die mense, dat die oudstes die hel vir hulle kinders so warm as moontlik verduidelik het en die hemel afgeskilder het met alle kleure van die lig en met alle genietinge wat die menslike sintuie streel. Daardeur het hulle wel `n soort vroomheid veroorsaak, wat egter vanweë die hel, waar jy baie maklik in kan beland, en vanweë die hemel, wat te moeilik bereik kan word, nooit in ware liefde tot God en die naaste kon oorgaan nie, wat by die swakker karakters in `n steeds groot vrees ontaard het en by die sterkeres, wat meer verlig was, oorgegaan het in `n totale onverskilligheid ten voorskrifte van God en die medemens. Want hierdie sterker mense glo self heeltemal niks nie, maar werk pro forma saam om die gewone volk die geloof te laat behou, sodat hulle nie in opstand sou kom teen hulle vir wie hulle moet werk nie, sodat hulle vir hulleself, in die plek van die verlore geloof in God en die hemel en die hel, op die wêreld `n hemel non plus ultra kon berei.

7. Die gevolg daarvan is egter die huidige byna totale goddeloosheid onder die mense, wat, as die wêreldse wette van Rome hulle nie met die swaard daarvan weerhou het nie, hulle lankal in groot woede teen die natuurlike heersers sou opgestaan het en hulle mettertyd sou gevra het waarom hulle hulle moet dien en hulle onderdanig moet wees.

8. Kyk, dit alles is `n gevolg van die regverdigheidsgevoel in die siel van die mens, wat altyd net soos jy, die mense met die skerpste woorde vertel dat God weliswaar die goeie vir ewig in die hemel beloon, maar as gevolg van sy onverbiddelike geregtigheid die slegtes ook ewig in die verskriklikste hel onder ongehoorde marteling ewig sonder enige versagting straf!

9. O, julle dwase! Bestaan daar wel `n vader wat ook maar enige liefde vir sy kinders het, wat `n kind, wat teen sy gebod in handel, lewenslank in `n kerker sou laat gooi en hom daarby nog elke dag wat hy leef, sou wou laat tugtig?! As `n menslike vader dit nie eers sal doen nie, wat in die aard van menswees tog sleg is, hoeveel te minder sal die Vader in die hemel dit dan doen, wat die ewige en suiwer liefde en goedheid Self is!

Hoofstuk 243 Mobiele weergawe Kommentaar