Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 244 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Oor regspraak en straf

1. Toe sê die Skrifgeleerde: 'Heer en Leraar, ek sien nou wel dat U net goed en waaragtig is, en dit is wel die beste om jou so te gedra, en so te glo en te praat, soos wat U dit nou alles uitgelê het! Net met die ophef van die doodstraf kan ek my nog nie heeltemal verenig nie; want as die lewe van `n mens nie die lewe van `n moordenaar sou kos nie, dan sou geen mens immers sy lewe binnekort meer seker wees nie. Slegs die versekerde doodstraf hou baie van die allergrootste gruweldade af!'

2. Ek sê: 'Ja, dit is weer jou mening, maar My mening is `n heel ander mening! Die een tier bring die ander voort, so bring `n leeu, `n luiperd en `n hiëna ook sy gelyke voort.

3. As `n ruwe, dierlike verwaarloosde mens, deur sy dierlike hartstogte gedrewe, `n mens doodmaak, sou die gestorwene eintlik die reg hê om hom wat hom doodgeslaan het, ook te dood; `n derde wat die doodslaner egter nooit kwaad aangedoen het nie, het eintlik glad geen reg om hom in die plek van die verslane, op sy moordenaar te wreek nie. Maar omdat so `n dierlike mens ook vir ander mense gevaarlik kan word, kan daar op hom jaggemaak word. As die mense hom gevang het, dan moet mens hom in `n goeie gevangenis plaas, onderrig gee en probeer om van hom `n mens te maak! Slaag dit, dan het jy van `n duiwel `n mens gemaak, waarvoor jy meer van die ware lewensloon in jou te verwag het, as wanneer jy die moordenaar sou gedood het. Dit sou dus iets wees wat die allerbeste met `n moordenaar gedoen kan word.

4. Of maak in `n ander geval, as die moordenaar `n te berugte en heeltemal liggaamlike duiwel sou wees, ook jag op hom en vra hom dan, wanneer julle hom gevang het, die rede waarom hy die gruweldade gepleeg het, en of hy geen berou daaroor het nie! Praat hy (die waarheid)*, doen dan soos wat ek nou net gesê het; loën hy die daad egter of gee hy op julle vraag geen behoorlike antwoord nie, hoewel julle daarvan oortuig is dat hy die booswig is, sorg dan daarvoor dat hy verder onskadelik gemaak word vir die menslike samelewing, maar nie deur sy dood nie, maar hetsy deur hom agter stewige tralies te plaas, deur die verblinding van sy oë of deur `n verbanning na `n sodanige ver streek aan die see, dat hy nooit meer daarvandaan sal kan kom nie.

5. Dit is My raad hoe julle julleself ook in so `n geval as My egte leerlinge sal moet gedra. Julle kan die misdadigers in julle gemeente verbeter of julle van hulle suiwer, maar julle mag geen regter speel nie! Want wie oordeel, sal eendag ook deur My geoordeel word. Wie egter nie oordeel nie, sal ook nie deur My geoordeel word nie. As julle hulle wat teen julle sondig sal vervloek en verdoem, dan kan julle eendag van My dieselfde te wagte wees; as julle egter volgens My leer wandel, sal julle ook nie verdoem en vervloek word nie.

6. Julle moet selfs nie eers 'raka'* teen julle broers sê nie; want daardeur maak julle julleself al aan `n oordeel skuldig omdat jy, as jy dit ernstig bedoel, oor `n broer `n oordeel gevel het. Nog minder moet julle teen `n broer, al is hy ook hoe dom, in alle erns sê dat hy `n dwaas is; want as julle wyser is as hy, dan is julle dit deur God se barmhartigheid. As julle egter trots geword het daaroor en dit gebeur dat julle julleself vanweë `n dom mens skaam, nie met hom wil praat nie en sê: 'Wie kan dan met `n dwaas praat?', dan stam so `n oordeel in jou uit die kiem van die hel, en maak jy jou skuldig aan die helse vuur. Dit is egter nie passend as daar in My egte leerlinge helse vonkies deur so `n valse impuls sou ontsteek nie, want ook uit die kleinste vonkie kan `n groot brand ontstaan. *(agterbakse mens) ,

7. In die hel is die hoogmoedsvuur die hoogste, en in die hemel skyn slegs die lig van die grootste deemoed en beskeidenheid, en die sagte vuur van die liefde verwarm alles en maak alles lewend. - Verstaan julle dit?'

Hoofstuk 244 Mobiele weergawe Kommentaar