Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 244 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Oor regspraak en straf

1. Toe sê die Skrifgeleerde: 'Heer en Leraar, ek sien nou wel dat U net goed en waaragtig is, en dit is wel die beste om jou so te gedra, en so te glo en te praat, soos wat U dit nou alles uitgelê het! Net met die ophef van die doodstraf kan ek my nog nie heeltemal verenig nie; want as die lewe van `n mens nie die lewe van `n moordenaar sou kos nie, dan sou geen mens immers sy lewe binnekort meer seker wees nie. Slegs die versekerde doodstraf hou baie van die allergrootste gruweldade af!'

2. Ek sê: 'Ja, dit is weer jou mening, maar My mening is `n heel ander mening! Die een tier bring die ander voort, so bring `n leeu, `n luiperd en `n hiëna ook sy gelyke voort.

3. As `n ruwe, dierlike verwaarloosde mens, deur sy dierlike hartstogte gedrewe, `n mens doodmaak, sou die gestorwene eintlik die reg hê om hom wat hom doodgeslaan het, ook te dood; `n derde wat die doodslaner egter nooit kwaad aangedoen het nie, het eintlik glad geen reg om hom in die plek van die verslane, op sy moordenaar te wreek nie. Maar omdat so `n dierlike mens ook vir ander mense gevaarlik kan word, kan daar op hom jaggemaak word. As die mense hom gevang het, dan moet mens hom in `n goeie gevangenis plaas, onderrig gee en probeer om van hom `n mens te maak! Slaag dit, dan het jy van `n duiwel `n mens gemaak, waarvoor jy meer van die ware lewensloon in jou te verwag het, as wanneer jy die moordenaar sou gedood het. Dit sou dus iets wees wat die allerbeste met `n moordenaar gedoen kan word.

4. Of maak in `n ander geval, as die moordenaar `n te berugte en heeltemal liggaamlike duiwel sou wees, ook jag op hom en vra hom dan, wanneer julle hom gevang het, die rede waarom hy die gruweldade gepleeg het, en of hy geen berou daaroor het nie! Praat hy (die waarheid)*, doen dan soos wat ek nou net gesê het; loën hy die daad egter of gee hy op julle vraag geen behoorlike antwoord nie, hoewel julle daarvan oortuig is dat hy die booswig is, sorg dan daarvoor dat hy verder onskadelik gemaak word vir die menslike samelewing, maar nie deur sy dood nie, maar hetsy deur hom agter stewige tralies te plaas, deur die verblinding van sy oë of deur `n verbanning na `n sodanige ver streek aan die see, dat hy nooit meer daarvandaan sal kan kom nie.

Hoofstuk 244 Mobiele weergawe Kommentaar