Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 244 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

3. As `n ruwe, dierlike verwaarloosde mens, deur sy dierlike hartstogte gedrewe, `n mens doodmaak, sou die gestorwene eintlik die reg hê om hom wat hom doodgeslaan het, ook te dood; `n derde wat die doodslaner egter nooit kwaad aangedoen het nie, het eintlik glad geen reg om hom in die plek van die verslane, op sy moordenaar te wreek nie. Maar omdat so `n dierlike mens ook vir ander mense gevaarlik kan word, kan daar op hom jaggemaak word. As die mense hom gevang het, dan moet mens hom in `n goeie gevangenis plaas, onderrig gee en probeer om van hom `n mens te maak! Slaag dit, dan het jy van `n duiwel `n mens gemaak, waarvoor jy meer van die ware lewensloon in jou te verwag het, as wanneer jy die moordenaar sou gedood het. Dit sou dus iets wees wat die allerbeste met `n moordenaar gedoen kan word.

4. Of maak in `n ander geval, as die moordenaar `n te berugte en heeltemal liggaamlike duiwel sou wees, ook jag op hom en vra hom dan, wanneer julle hom gevang het, die rede waarom hy die gruweldade gepleeg het, en of hy geen berou daaroor het nie! Praat hy (die waarheid)*, doen dan soos wat ek nou net gesê het; loën hy die daad egter of gee hy op julle vraag geen behoorlike antwoord nie, hoewel julle daarvan oortuig is dat hy die booswig is, sorg dan daarvoor dat hy verder onskadelik gemaak word vir die menslike samelewing, maar nie deur sy dood nie, maar hetsy deur hom agter stewige tralies te plaas, deur die verblinding van sy oë of deur `n verbanning na `n sodanige ver streek aan die see, dat hy nooit meer daarvandaan sal kan kom nie.

5. Dit is My raad hoe julle julleself ook in so `n geval as My egte leerlinge sal moet gedra. Julle kan die misdadigers in julle gemeente verbeter of julle van hulle suiwer, maar julle mag geen regter speel nie! Want wie oordeel, sal eendag ook deur My geoordeel word. Wie egter nie oordeel nie, sal ook nie deur My geoordeel word nie. As julle hulle wat teen julle sondig sal vervloek en verdoem, dan kan julle eendag van My dieselfde te wagte wees; as julle egter volgens My leer wandel, sal julle ook nie verdoem en vervloek word nie.

Hoofstuk 244 Mobiele weergawe Kommentaar