Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 245 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

10. Ek sê: 'Baie seker, want anders was dit geen engel nie! Maar laat jou duiseligheid maar vaar, want dit word nog erger; want nou het Ek julle nog maar nouliks `n stippeltjie van die grootte van My skepping laat sien!

11. Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm?

12. Kyk, alles wat een geheel vorm, van die grootste tot die kleinste, het ter bedekking en ter beskerming van sy uiterste kunstige binneste `n omhulling! Hierdie omhulling het egter ook nog die baie belangrike doel om die onreine van die binneste meganisme van `n lewende liggaam in hom op te neem en as iets wat vir die organiese lewe ondeugdelik is, na buite te bring, maar daarvoor dan van buite af gesuiwerde lewensvoedingsstof op te suig en ter versterking van die lewe aan die inwendige, organiese liggaamslewensmeganisme toe te voer. Daaruit kan julle vir julleself nou in elke geval `n duidelik begrip vorm waarom ek die geheel van sonne- en wêrelde-al-al kompendium `n omhulde bol of 'hulssfeer' noem.

13. Maar vra nie na die grootte en lengte van die deursnee van so `n hulssfeer nie! Want vir die mens sou daar wel moeilik ooit op hierdie aarde `n getal uitgedink kon word, waardeur `n mens, soos mens die afstand van hierdie aarde na die son, wat tog ongeveer 44 maal duisend maal duisend uur bedra, as eenheidsmaat sou neem, so-iets toereikend sou kon bepaal nie, want eons maal eons van sulke afstande is nouliks voldoende vir `n sonnewêreldal-algebied, waarvan daar binne `n hulssfeer, soos wat reeds aangedui is, `n bykans ontelbare aantal is. Nou het Ek by julle tog nog die begrip vir die byna oneindige grootte van `n hulssfeer gevorm, en op hierdie basis kan ons dan wel verder bou.

14. Kyk, so `n hulssfeer is eintlik slegs `n enkel punt in My groot skeppingsruimte! Hoe jy jou dit egter moet voorstel en om dit te moet verstaan, sal Ek julle almal dadelik laat sien.

Hoofstuk 245 Mobiele weergawe Kommentaar