Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 245 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

15. Dink julle nou in as heeltemal buite die reusagtige groot omhulling of buitenste huid van `n hierbo beskrewe sfeer wat hom na alle kante toe uitstrek, in `n ontsaglike ruimte wat heeltemal leeg is, en gaan dan in julle gedagte totdat, selfs iemand met baie skerp oë van die hele bykans eindelose groot hulssfeer maar net nog `n flou skemering en nog `n baie klein puntjie daarvan sou kon sien, en in die teenoorgestelde rigting ook weer so `n puntjie, wat natuurlik ook weer `n hulssfeer is. Dit gee dan so ongeveer `n indruk van die afstand tussen twee hulssfere, wat beide selfs groot is, maar deur die enorme afstand reeds halfpad weg tot `n nouliks waarneembare skemerige puntjie ineenkrimp, en so het ons dus kennis gemaak met twee naburige hulssfere.

16. Wat sal julle egter sê as Ek julle nou vertel dat daar van sulke hulssfere in die eindeloos groot skeppingsruimte, ook al is jou begrip as mens hoe groot, werklik ontelbare aantalle is, wat egter al volgens My orde in hulle totaliteit presies `n mens in optima forma voorstel?

17. Dan vra julle julleself af hoe groot so `n mens dan wel moet wees, as `n enkele hulssfeer reeds so eindeloos groot is en die afstand van die een hulssfeer na die ander nog eonsmaal eons maal groter is!

18. Maar ook hierdie mens is aan die buitekant, net soos elke afsonderlike hulssfeer, met `n soort vel omgewe. Weliswaar is die vel nog onnoemlik baie dikker - om begryplik te praat - as die van `n hulssfeer, maar dit het tog in die algemeen dieselfde doel en is volgens julle begrippe oneindig belangrik, net soos die omhulling van `n enkele hulssfeer. Julle sal julle nou wel afvra wat daar dan buite hierdie mens is, en waarop hierdie byna eindeloos groot mens staan en wat hy as mens doen.

19. Buite hierdie wêreldmens strek die vrye eterruimte homself na alle kante vir ewig uit, waar hierdie mens in `n, vir julle begrippe, werklik eindeloos groot kring, deur My wil aangedrewe, met `n snelheid wat vir julle onvoorstelbaar is, deurvlieg ter wille van die voedingsstof uit die eindelose etersee, waar hy in `n sekere sin soos `n vis rondswem. Omdat daar in die vrye, groot eterruimte geen onder of bo is nie en geen wese nóg na die een nóg na die ander kant êrens heen kan val nie, bevind hierdie mens hom dus net so stewig en vas in die eterruimte soos wat hierdie aarde, die son en al die eonsmaal eons sonne hulleself in `n hulssfeer bevind.

20. Die bestemming waaraan hy werk is om alle groot gedagtes en idees van God wat hy bevat, tot rypheid te bring vir die toekomstige volkome vrye en selfstandige bestemming van die geesteslewe.'

Hoofstuk 245 Mobiele weergawe Kommentaar