Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 245 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

6. Nou bestaan daar egter nog `n tweede soort sentrale son, waaromheen daar in nog `n oneindige groot baan `n hele songebied met hulle sentrale sonne beweeg, waarvan die verste verwyderde gebied reeds `n eon van hierdie aardse jare nodig het om slegs eenmaal om hierdie tweede sentrale son te sirkel. So `n tweede sentrale son, waaromheen nou hele songebiede met hulle sentrale sonne draai, sal ons tesame met haar duisend maal duisend sonnegebiede `n sonneheelal noem.

7. Stel jou nou egter weer net so `n groot aantal van die sonneheelalle voor! Die het weer op `n afstand, wat vir geen menseverstand meer te meet is nie, `n gemeenskaplike sentrale son, wat op sigself as hemelliggaam, nog tien maal duisendmaal duisend maal groter is as die sonneheelalle wat in onmeetlike wye kringe om haar heen draai.

8. Die sonneheelal-geselskap, met `n sentrale son, sal ons `n sonne-al-al noem. Sulke al-alle is daar weer in, vir julle `n ontelbare aantal, en almal het op `n eindelose diepte weer `n ongehoorde groot sentrale oerson, waaromheen hulle sonder versteuring van hulle talle afsonderlike bewegings soos één liggaam in `n, slegs vir `n engel meetbaar, wye baan deurloop, en so `n sonne- en wêreldesisteem sal ons, om dit tot `n verstaanbare begrip te maak, `n sonne- en wêrelde-hulssfeer noem, omdat alle hiervoorgenoemde al-alle wat na alle rigtings om die sentrale oerson sirkel, `n onmeetlike groot bal vorm en as gevolg van hulle noodsaaklikerwys bykans gedagtesnelle beweging en die daardeur veroorsaakte sentrifugale krag, natuurlike vir julle onmeetbare diepte en verte, `n soort huls vorm, waarvan die digtheid die van die atmosferiese lug van hierdie aarde benader en van binne na buite `n deursnee het wat, gereken volgens die afstande op aarde, selfs met duisendmaal duisend eons nog veels te min sou wees.'

Hoofstuk 245 Mobiele weergawe Kommentaar