Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 245 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

8. Die sonneheelal-geselskap, met `n sentrale son, sal ons `n sonne-al-al noem. Sulke al-alle is daar weer in, vir julle `n ontelbare aantal, en almal het op `n eindelose diepte weer `n ongehoorde groot sentrale oerson, waaromheen hulle sonder versteuring van hulle talle afsonderlike bewegings soos één liggaam in `n, slegs vir `n engel meetbaar, wye baan deurloop, en so `n sonne- en wêreldesisteem sal ons, om dit tot `n verstaanbare begrip te maak, `n sonne- en wêrelde-hulssfeer noem, omdat alle hiervoorgenoemde al-alle wat na alle rigtings om die sentrale oerson sirkel, `n onmeetlike groot bal vorm en as gevolg van hulle noodsaaklikerwys bykans gedagtesnelle beweging en die daardeur veroorsaakte sentrifugale krag, natuurlike vir julle onmeetbare diepte en verte, `n soort huls vorm, waarvan die digtheid die van die atmosferiese lug van hierdie aarde benader en van binne na buite `n deursnee het wat, gereken volgens die afstande op aarde, selfs met duisendmaal duisend eons nog veels te min sou wees.'

9. Toe sê die Skrifgeleerde, die Romein en Lasarus: 'Heer, ons word duiselig van hierdie meer as verskriklike grootte van U skepping! Kan `n engel dit wel ooit oorsien en die waarheid daarvan bevat?'

10. Ek sê: 'Baie seker, want anders was dit geen engel nie! Maar laat jou duiseligheid maar vaar, want dit word nog erger; want nou het Ek julle nog maar nouliks `n stippeltjie van die grootte van My skepping laat sien!

11. Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm?

Hoofstuk 245 Mobiele weergawe Kommentaar