Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 246 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die verlossing van die wêreldmens

1. (Die Heer:) 'Soos julle nou, sal nog talloos baie uit hom ontstaan, en dit net vir so lank totdat alles wat in hom geoordeel is en die gevange gehoude lewe sal oorgaan in die vrye geestelike lewe; en solank as wat hierdie hele wêreldmens nie volledig in die vrye, selfstandige geestelike opgelos sal wees nie, solank sal die oordeel en die hel ook voortbestaan. En dus hoef niemand van julle hom daaroor bekommerd te maak dat die hellegeeste van die ergste soort uiteindelik in die lyding en die kwellinge wat hulle hulleself aandoen het, te kort sal kom nie.

2. Die omlooptyd van hierdie son om haar sentrale son beslaan `n tydsruimte van ongeveer 28 000 aardse jare, wat vir die son self dus een jaar is, dit wil sê ongeveer een jaar op die son.

3. Voordat hierdie aarde daar was, het die son, as dit wat sy nou is, hierdie weg al tallose kere deurloop, maar saam met hierdie aarde ook al so dikwels, dat julle vir die totaal van die sonjare in julle rekenkunde heeltemal geen getal ken wat groot genoeg is om dit te bereken nie, en daar sal nog minder `n getal te bedink wees vir die aantal kere wat sy haar groot kringloop nog sal bly volbring tot by haar volledige oplossing nie. Ek sê vir julle: eons maal eons van die sonjare sou nog bykans niks wees nie!

4. Maar wat is die ouderdom van `n planetêre son vergeleke by die van `n sentrale son van `n songebied, wat eindeloos vroeër ontstaan het, voor daar ook maar één planetêre son was wat haar omringende planete verlig het?! Maar wat is hierdie bestaansduur dan weer vergeleke met die van `n sentrale son van `n sonne-al, en die weer vergeleke by die bestaansduur van `n sentrale son van `n sonne-al-al, en byna heeltemal niks vergeleke by die van `n sentrale oerson in `n hulssfeer, wat eintlik die allereerste grootmoeder van alle sonne en wêrelde in `n hulssfeer is?!

5. Watter rekenkundige kan bepaal hoe oud so `n sentrale oerson is, en hoe oud dit nog sal word?! Hoeveel sentrale sonne en hoeveel hele sonnegebiede het reeds uit haar ontstaan wat lankal heeltemal opgelos is, en hoeveel sal daar oor onvoorstelbare lang tye nog opgelos word en hoeveel nuwes het daar al onheuglik lank gelede in hulle plek gekom, en hoeveel nuwes sal daar weer in hulle plek kom?!

6. Maar ook hierdie sentrale oerson sal eers, wanneer alle ander sonne eers uit haar in die loop van eindelose lang tydsruimtes, opgelos wees, ook opgelos word, maar die hele groot wêreldmens nog lank nie; want soos wat die afsterwe by `n mens geleidelik gaan, so gaan dit ook by die groot wêreldmens.

7. Waarom word die liggaam van `n ouer geworde mens langsaam maar seker steeds swakker? Omdat bepaalde vesels en senuwees geleidelik aan afsterwe en nie meer werk nie, - wat die veroudering en swakker word van die liggaam veroorsaak. En daarby kan die mens tog nog talle jare deur bly lewe sonder dat hy iets aan geestelike krag sal inboet, veral as hy steeds volgens die wil van God geleef het. En so sal dit ook eendag met die groot wêreldmens die geval wees. Ook al sal daar in hom al eons hulssfere opgelos het, dan sal hy daarom tog nog vir julle begrippe eindeloos lank kan voortbestaan, want die hulssfeer in hom is dit, wat by julle vesels en senuwees is.

8. Nou hierdie, aan julle voorgestelde groot wêreldmens, is in die algemeenste sin van die woord wat julle vroeër oor die voorgestelde verlore seun gehoor het, en nou op sy terugkeer, en die Vader wat hom tegemoet kom is Ek, nou as mens by julle, en Ek neem hom in elke mens wat volgens My leer leef, weer in My Vaderhuis op.

9. Heil die sondaar wat boete doen en berouvol na My terugkeer! Laat niemand daarom dink dat die algehele ommekeer miskien binne `n kort tydsbestek sou kan plaasvind nie en dat die bewoners van die hel of van die oordeel soms te kort vir hulle wandade deur hulle selfgeskape wanorde sou moet ly en smag nie! Die hardnekkigste sal natuurlik die langste ly en die wat vroeër tot inkeer kom, sal ietwat minder ly. - Het jy as skrifgeleerde dit nou goed verstaan?'

Hoofstuk 246 Mobiele weergawe Kommentaar