Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 246 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

6. Maar ook hierdie sentrale oerson sal eers, wanneer alle ander sonne eers uit haar in die loop van eindelose lang tydsruimtes, opgelos wees, ook opgelos word, maar die hele groot wêreldmens nog lank nie; want soos wat die afsterwe by `n mens geleidelik gaan, so gaan dit ook by die groot wêreldmens.

7. Waarom word die liggaam van `n ouer geworde mens langsaam maar seker steeds swakker? Omdat bepaalde vesels en senuwees geleidelik aan afsterwe en nie meer werk nie, - wat die veroudering en swakker word van die liggaam veroorsaak. En daarby kan die mens tog nog talle jare deur bly lewe sonder dat hy iets aan geestelike krag sal inboet, veral as hy steeds volgens die wil van God geleef het. En so sal dit ook eendag met die groot wêreldmens die geval wees. Ook al sal daar in hom al eons hulssfere opgelos het, dan sal hy daarom tog nog vir julle begrippe eindeloos lank kan voortbestaan, want die hulssfeer in hom is dit, wat by julle vesels en senuwees is.

8. Nou hierdie, aan julle voorgestelde groot wêreldmens, is in die algemeenste sin van die woord wat julle vroeër oor die voorgestelde verlore seun gehoor het, en nou op sy terugkeer, en die Vader wat hom tegemoet kom is Ek, nou as mens by julle, en Ek neem hom in elke mens wat volgens My leer leef, weer in My Vaderhuis op.

9. Heil die sondaar wat boete doen en berouvol na My terugkeer! Laat niemand daarom dink dat die algehele ommekeer miskien binne `n kort tydsbestek sou kan plaasvind nie en dat die bewoners van die hel of van die oordeel soms te kort vir hulle wandade deur hulle selfgeskape wanorde sou moet ly en smag nie! Die hardnekkigste sal natuurlik die langste ly en die wat vroeër tot inkeer kom, sal ietwat minder ly. - Het jy as skrifgeleerde dit nou goed verstaan?'

Hoofstuk 246 Mobiele weergawe Kommentaar