Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 247 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die Heer as Verlosser van die groot wêreldmens. Die geestelike formaat van die mens

1. Die Fariseër sê heeltemal oorbluf: 'Heer, Heer, almagtige, ewige God, volgens u maar al te duidelike voorstelling is daar vir die verdoemdes in die hel maar ontsettend weinig hoop op saligheid; want die eindelose tydruimtes sonder tal en sonder maat, is immers dieselfde as die ewigheid as sodanig! Ag, dit is tye waaraan tot op hede nog geen mens ook maar in die verste verte gedink het nie! Hoe word `n mens daarby nie oneindig klein nie! O God, waarom is U dan so oneindig groot, wys en magtig en is ons mense so ontsettend nietig, dom en swak?! Heer, helaas, nou oorval `n groot angs my vir U, omdat U in U Gees te ewig, te eindeloos groot, te wys en te almagtig is! En dit is vir my nou die aller onbegryplikste, hoe U in U hele goddelike volheid in die baie beperkte liggaam van `n mens na ons toe op hierdie nietige aarde kon gekom het!'

2. Ek sê: 'Maak jou maar nie ongerus daaroor nie; want Ek doen in ewigheid niks sonder `n baie wyse rede nie. Dit spreek egter vanself dat `n wyse en ervare dokter, as hy by `n sieke kom, veral daarna sal kyk en oplet waar die vernaamste bron van die siekte in die liggaam setel. As hy dit goed gediagnoseer het, sal hy dadelik met sy middele probeer om die mees siekste senuwee in die mens, ook al is dit hoe klein, te genees en aktief te maak. As die senuwee weer gesond is, word die hele mens daarna vinnig gesond.

3. En kyk, so weet Ek ook die beste waar die siek senuwee in die groot wêreldmens sit, en daarom het Ek juis na hierdie siek senuwee toe gekom om dit eers te genees, sodat die hele groot mens dan gesond kan word! - Verstaan jy die saak nou beter?'

Hoofstuk 247 Mobiele weergawe Kommentaar