Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 247 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die Heer as Verlosser van die groot wêreldmens. Die geestelike formaat van die mens

1. Die Fariseër sê heeltemal oorbluf: 'Heer, Heer, almagtige, ewige God, volgens u maar al te duidelike voorstelling is daar vir die verdoemdes in die hel maar ontsettend weinig hoop op saligheid; want die eindelose tydruimtes sonder tal en sonder maat, is immers dieselfde as die ewigheid as sodanig! Ag, dit is tye waaraan tot op hede nog geen mens ook maar in die verste verte gedink het nie! Hoe word `n mens daarby nie oneindig klein nie! O God, waarom is U dan so oneindig groot, wys en magtig en is ons mense so ontsettend nietig, dom en swak?! Heer, helaas, nou oorval `n groot angs my vir U, omdat U in U Gees te ewig, te eindeloos groot, te wys en te almagtig is! En dit is vir my nou die aller onbegryplikste, hoe U in U hele goddelike volheid in die baie beperkte liggaam van `n mens na ons toe op hierdie nietige aarde kon gekom het!'

2. Ek sê: 'Maak jou maar nie ongerus daaroor nie; want Ek doen in ewigheid niks sonder `n baie wyse rede nie. Dit spreek egter vanself dat `n wyse en ervare dokter, as hy by `n sieke kom, veral daarna sal kyk en oplet waar die vernaamste bron van die siekte in die liggaam setel. As hy dit goed gediagnoseer het, sal hy dadelik met sy middele probeer om die mees siekste senuwee in die mens, ook al is dit hoe klein, te genees en aktief te maak. As die senuwee weer gesond is, word die hele mens daarna vinnig gesond.

3. En kyk, so weet Ek ook die beste waar die siek senuwee in die groot wêreldmens sit, en daarom het Ek juis na hierdie siek senuwee toe gekom om dit eers te genees, sodat die hele groot mens dan gesond kan word! - Verstaan jy die saak nou beter?'

4. Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, ja, groot God en Heer, dit is weer prima in orde, maar desondanks sink ek vir U steeds meer in `n suiwer allesoorheersende niks weg.'

5. Ek sê: 'Is Ek dan liggaamlik nie selfs goed om iets kleins te wees, vergeleke met die grootte van die hele skepping wat nou aan julle getoon is nie?! En tog oortref My Gees dit eindeloos!'

6. Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, by U baie verseker; maar waar bly my gees in vergelyking daarmee?'

7. Ek sê: 'Wel, het jou gees hom nie met die van Myne bo alle byna eindelose groot hulssfere en uiteindelik selfs nog eindeloos ver bo die hele Groot Mens verhef nie?! Het jy nie saam met My die byna eindelose groot hulssfere soos flou skemerende puntjies gesien en selfs ook die hele Groot Mens nie?! En het jy jou nie met My eindeloos ver buite die vel van die groot wêreldmens in die vrye ruimte na buite verhef nie, sodat selfs die hele Groot Mens in die geestelike beeld van jou gedagte nouliks vir jou so groot voorgekom het soos `n wasige mier?! As jy My egter in jou gees in die eindelose skeppingsdiepte kan volg, en wel so, dat dit vir jou uiteindelik gewoonweg niks sal word nie, hoe kan jy dan sê dat jy en ook `n ander mens heeltemal niks is in vergelyking met die eindelose groot skepping nie?!

Hoofstuk 247 Mobiele weergawe Kommentaar