Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 247 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

2. Ek sê: 'Maak jou maar nie ongerus daaroor nie; want Ek doen in ewigheid niks sonder `n baie wyse rede nie. Dit spreek egter vanself dat `n wyse en ervare dokter, as hy by `n sieke kom, veral daarna sal kyk en oplet waar die vernaamste bron van die siekte in die liggaam setel. As hy dit goed gediagnoseer het, sal hy dadelik met sy middele probeer om die mees siekste senuwee in die mens, ook al is dit hoe klein, te genees en aktief te maak. As die senuwee weer gesond is, word die hele mens daarna vinnig gesond.

3. En kyk, so weet Ek ook die beste waar die siek senuwee in die groot wêreldmens sit, en daarom het Ek juis na hierdie siek senuwee toe gekom om dit eers te genees, sodat die hele groot mens dan gesond kan word! - Verstaan jy die saak nou beter?'

4. Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, ja, groot God en Heer, dit is weer prima in orde, maar desondanks sink ek vir U steeds meer in `n suiwer allesoorheersende niks weg.'

5. Ek sê: 'Is Ek dan liggaamlik nie selfs goed om iets kleins te wees, vergeleke met die grootte van die hele skepping wat nou aan julle getoon is nie?! En tog oortref My Gees dit eindeloos!'

6. Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, by U baie verseker; maar waar bly my gees in vergelyking daarmee?'

7. Ek sê: 'Wel, het jou gees hom nie met die van Myne bo alle byna eindelose groot hulssfere en uiteindelik selfs nog eindeloos ver bo die hele Groot Mens verhef nie?! Het jy nie saam met My die byna eindelose groot hulssfere soos flou skemerende puntjies gesien en selfs ook die hele Groot Mens nie?! En het jy jou nie met My eindeloos ver buite die vel van die groot wêreldmens in die vrye ruimte na buite verhef nie, sodat selfs die hele Groot Mens in die geestelike beeld van jou gedagte nouliks vir jou so groot voorgekom het soos `n wasige mier?! As jy My egter in jou gees in die eindelose skeppingsdiepte kan volg, en wel so, dat dit vir jou uiteindelik gewoonweg niks sal word nie, hoe kan jy dan sê dat jy en ook `n ander mens heeltemal niks is in vergelyking met die eindelose groot skepping nie?!

8. Kyk eers uit die oop raam uit, dan sien jy juis die Regulus in die Groot Leeu! Kyk, dit is nou die sentrale oerson in hierdie hulssfeer! Haar groot afstand wat nie van hier af te bereken is nie, het haar saamgedruk tot `n punt. Hoeveel van sulke Regulusse sou jy jou nou wel naas mekaar kon voorstel? Ek sê jou: `n enorme aantal, - soos wat jou gees homself ook daar naas die Groot wêreldmens in die eindelose ruimte nog `n aantal begin voorstel het! En met sulke suiwer goddelike moontlikhede in jou gees toegerus, sê jy dat `n mens nog minder as niks sou wees nie?! Ja, jou liggaam as materie is natuurlik niks; daarom moet die groot en onsterflike mens ook nie vir sy tydelike en materiële niks sorg nie, maar vir sy geestelike alles, dan sal hy in die vervolg nooit kan sê dat hy minder as niks is nie, maar in en met My alles in alles!

9. Kyk, al het die onthulde gesig van die natuurlike grootte van My skepping jou ook in die niks saamgedruk, dan sê Ek tog vir jou dat die kleinste in My ryk in alles onvergelykbaar groter sal wees as dit wat vir jou nou so eindeloos groot voorkom! - Verstaan jy dit?'

10. Toe haal almal weer verlig asem en hulle was bly dat Ek hulle uit die niks, wat hulle almal wou verpletter, deur My laaste uitleg weer ietwat meer bestaan gegee het.

Hoofstuk 247 Mobiele weergawe Kommentaar