Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 247 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

7. Ek sê: 'Wel, het jou gees hom nie met die van Myne bo alle byna eindelose groot hulssfere en uiteindelik selfs nog eindeloos ver bo die hele Groot Mens verhef nie?! Het jy nie saam met My die byna eindelose groot hulssfere soos flou skemerende puntjies gesien en selfs ook die hele Groot Mens nie?! En het jy jou nie met My eindeloos ver buite die vel van die groot wêreldmens in die vrye ruimte na buite verhef nie, sodat selfs die hele Groot Mens in die geestelike beeld van jou gedagte nouliks vir jou so groot voorgekom het soos `n wasige mier?! As jy My egter in jou gees in die eindelose skeppingsdiepte kan volg, en wel so, dat dit vir jou uiteindelik gewoonweg niks sal word nie, hoe kan jy dan sê dat jy en ook `n ander mens heeltemal niks is in vergelyking met die eindelose groot skepping nie?!

8. Kyk eers uit die oop raam uit, dan sien jy juis die Regulus in die Groot Leeu! Kyk, dit is nou die sentrale oerson in hierdie hulssfeer! Haar groot afstand wat nie van hier af te bereken is nie, het haar saamgedruk tot `n punt. Hoeveel van sulke Regulusse sou jy jou nou wel naas mekaar kon voorstel? Ek sê jou: `n enorme aantal, - soos wat jou gees homself ook daar naas die Groot wêreldmens in die eindelose ruimte nog `n aantal begin voorstel het! En met sulke suiwer goddelike moontlikhede in jou gees toegerus, sê jy dat `n mens nog minder as niks sou wees nie?! Ja, jou liggaam as materie is natuurlik niks; daarom moet die groot en onsterflike mens ook nie vir sy tydelike en materiële niks sorg nie, maar vir sy geestelike alles, dan sal hy in die vervolg nooit kan sê dat hy minder as niks is nie, maar in en met My alles in alles!

Hoofstuk 247 Mobiele weergawe Kommentaar