Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 184 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 8

Dit verskil tussen epikuriste en sinici in geestelike opsig

(epicuris=iemand wat oordadig en lekker lewe)

1. Nou sê Kado: “Ja, Heer en Leraar, met betrekking tot die woorde en lesse wat U ons gegee het, het ek `n vraag wat vir my altans baie belangrik blyk; as dit My toegestaan is om U met `n vraag lastig te val, wil ek wel met alle genoeë my mond open.

2. Kyk, o goeie Heiland, Heer en Leraar, in wat U gesê het, het U ons so uiters duidelik uiteengesit hoe skadelik die epikurisme vir die lewe van die siel is dat ons dan ook almal die vaste besluit geneem het om ons vir altyd daarvan te onthou! Maar behalwe Epikuris, het ons ook nog `n ander wyse van `n baie ander rigting; dit is Diogenes van Sinope, wat die hele wêreld en haar bekoringe, skoonhede en skatte, selfs die aardse lewe diep verag.

3. Hy is die totale teendeel van Epikuris, en nóg hy nóg één van sy leerlinge glo in die onsterflikheid van die menslike siel; die gevoel van om sterflik te wees besorg hulle absoluut geen angs en vrees nie, maar almal kan die oomblik dat hulle nie meer sal wees nie, nouliks afwag. En tog is hulle baie eerlike, goeie en diensvaardige mense en hulle hou hulle baie noukeurig aan `n eenmaal gedane belofte. Hulle voedsel is so matig en eenvoudig as wat maar moontlik is. Hulle verag elke gemak, elke prag en hulle lewe is baie gedissiplineerd en ingetoë. Ja, hulle vereer selfs die gode en erken hulle goedheid, wysheid en mag; maar hulle bedank hulle nêrens nie en versmaad ten diepste elke vorm van beloning wat hulle van een of ander godheid te verwagte is. Dit ewige nie-wees is hulle verlange; elke manier van wees en lewe beskou hulle as `n ondraaglike las en kwelling.

4. Wel nou, hierdie mense is, wat hulle handeling aangaan, byna ook soos wat `n mens volgens U leer moet wees. Wat mis hulle eintlik om te kan word wat ons nou deur U barmhartigheid geword het? En as hulle sterf, sal hulle siele na die dood van hulle liggaam dan voortlewe, en hoe dan, gelukkig of ongelukkig? Ek het steeds met aandag na hierdie sonderlinge mense gekyk, hoewel ek my nooit sodanig in hulle leer kan vind dat dit vir my maatgewend sou kan wees nie. Heer en Leraar, gee ons ook daaroor opheldering, en ook oor die manier waarop hulle tot U leer bekeer sou kan word!”

5. Ek sê: “Ja, My goeie vriende, die soort mens is nog moeiliker om op die korrekte lewensweg te bring as die epikuriste, omdat hulle geen liefde vir die lewe het nie! Die epikuriste het sekerlik baie liefde vir die lewe, maar dit is slegs eieliefde, en daarom ook `n materiële liefde wat die dood voortbring. Maar as dit, soos nou ook by julle, deur die korrekte geloof in `n enig ware God verander in liefde tot Hom en tot die naaste, dan is die epikuriste onteenseglik baie beter daaraan toe as die sinici, wat ten opsigte van die lewe, afgestomp is.

6. As hulle egter bekeer kan word tot die ware geloof in die enige ware God, dan kom daardeur ook die liefde vir Hom en vir die naaste en sodoende ook vir homself tot lewe, omdat God, wat die suiwerste en ewige liefde is, deur die lewende geloof Sy intrek neem in die hart van die mens en daardeur alles in die mens tot liefde en lewe omvorm.

7. Maar, soos ook gesê, dergelike mense is sowel hier op aarde as in die geesteswêreld moeilik te bekeer, omdat die liefde vir die lewe hulle ontbreek. Maar as hulle eenmaal bekeer is, dan is hulle ware helde in die geloof, in die liefde en in die optrede; want hulle is op ander mense voor, deurdat hulle selfverloëning, geduld en `n groot mate van deemoed besit, waardeur hulle alle materiële liefde, wat in die vlees woon, maklik kan beheers en vasberade op die weg van die lig kan voortgaan, wat by ander mense baie moeiliker gaan.

8. As sinici egter onbekeerd sterf, lewe hulle siele aan ander kant tog ewig verder, ondanks hulle verlange om nie te wees nie, wat hulle natuurlik nie aangenaam vind nie; vir die res ondervind hulle geen kwelling of pyn nie, maar hulle lewe presies soos hulle ook op hierdie wêreld geleef het. Hulle word in die geesteswêreld egter ook dikwels deur engele besoek en vir sover moontlik verlig, sonder om hulle vrye wil aan te tas. Maar daarvoor is baie liefde, wysheid, inspanning, geduld en volharding nodig.

9. Origens bestaan daar van die soort mense maar steeds weinig, en daarom sal hulle die ander mense ook moeilik op groter skaal kan bederf soos ook die buitengewoon talryke groot en klein epikuriste dit kan doen, wat oral tuis is en hulle selfsugtige lewe lei en vanweë hulle strewe na `n goeie lewetjie, nouliks aan God dink en `n arm naaste gladnie sien staan nie, behalwe wanneer hulle vir `n lae loon in die voordeel van die epikuris kan werk.

10. Een epikuris bederf deur sy voorbeeld van `n luukse lewe baie mense: die een gegoede deel van die mens streef maar net daarna om ook so `n goeie lewetjie te hê, en die nie-welgestelde mens raak vervul van afguns en ergernis, omdat hy nie so kan lewe soos die welgesteldes nie; `n epikuris is daarom baie slegter as `n sinikus. Daarmee het Ek jou vraag nou beantwoord, en nou kan iemand anders iets vra.”

Hoofstuk 184 Mobiele weergawe Kommentaar