Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 185 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 8

8. So sal hulle ook weet om die bliksem te bedwing en dit maak tot die snelste oorbringer van hulle wense en hulle wil van die een uiteinde van die aarde na die ander. En as hulle, die trotse en hebsugtige konings, oorlog met mekaar sal voer, sal die vuur daarby ook `n baie beslissende rol te speel kry; want deur die groot krag daarvan sal daar ystermassas in die vorm van `n koeël met `n groot gewig met die snelheid van `n bliksem na die vyand, die stede en vestings geslinger word en groot verwoesting aanrig.

9. En die vindingryke mense sal dit met hierdie wapens sover drywe dat daar dan weldra geen enkele volk meer `n oorlog teen die ander sal kan begin nie. Want as twee volkere mekaar met sulke wapens aanval, dan sal hulle mekaar ook maklik en vinnig tot die laaste man uitroei, wat beslis vir geen van beide `n egte oorwinning en wins sal oplewer nie. Dit sal die konings en hulle leëraanvoerders spoedig insien en daarom sal hulle mekaar liewer in vrede en goeie vriendskap verdra; en as daar êrens `n baie trotse en eersugtige rusverstoorder sal opstaan en sy buurman sal aanval, dan sal die vredeliewendes hulle verenig en hom tugtig. En op die manier sal dan ook die ou vrede onder die volkere van die aarde langsamerhand aanbreek en dit duursaam vestig.

Hoofstuk 185 Mobiele weergawe Kommentaar