Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 26 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 8

5. Daar kan egter maar één so `n eindelose goddelike hoogste gesag bestaan! Want sou daar drie van bestaan, dan sou God se eindelose eenheidsryk versplinter wees, en die bestaan daarvan sou ewe ondenkbaar en onmoontlik wees as die bestaan van drie oneindige ruimtes naas mekaar.

6. Die eenheidsryk van die éen God kan ewig bestaan, omdat slegs Hy alleen die enigste Koning en Heer daarvan is, soos dit ook wel geskrywe staan in die boeke van die profete, wat uit die mond van God geprofeteer het: “God sal Sy heerlikheid aan niemand anders gee nie” (Jesaja 42:8). Want alleen Ek, die Messias, is die enige God! Mense, engele, heerskappye en magte, ja alle dinge in die hemel en op alle aardes (planete) het altyd voor My gebuig en sal ook in ewigheid alleen voor My buig en nooit voor iemand anders nie, soos die kosmiese skeppingsruimtes, wat alles in julle oë so eindeloos lyk, deur die éen oneindige skeppingsruimte verslind word en daarmee vergeleke totaal verwaarloos lyk.

Hoofstuk 26 Mobiele weergawe Kommentaar