Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Geestelike Son, Boek 1

Nadat Ek dit al so menigmaal vir julle gesê het, sê Ek dit nogeens opnuut vir julle: “Die hele natuur en ook elke uiteindelike daad, van diere sowel as, heel in die besonder, van mense, kan `n evangelie aan hom, en deur sy verhoudings die wonderbaarlikste dinge van My ewige ordening toon en openbaar. Ja, mens hoef volstrek nie die een of ander vir `n vergelykende voorbeeld te soek nie. Julle kan `n willekeurige voor die hand liggende, nog so onbeduidende ding neem, die sal sekerlik daardie evangelie in hom dra wat ter verheldering van watter geestelike toestand dan ook so volkome deugdelik is, asof dit van ewigheid af uitsluitlik vir dié doel geskape was. Ek het dus gesê dat ons nog enkele voorbeelde nodig het om daardeur volledig tot die geestelike son te kan opstyg. Daarom wil ons ook nie kieskeurig wees nie, maar die eerste en beste voorbeeld neem. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 1

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar