Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Geestelike Son, Boek 1

Nou het ons die ruwe materiaal in die omgewing alreeds gekultiveer. Daar kom die boumeester ook al en lê sy bouplan uit. Die grond word uitgegrawe, die messelaars en hulle handlangers is druk besig en ons sien hoe die ruwe materie onder die hande van die bouers die vorm aanneem van `n geordende gebou. Langsamerhand groei die statige huis bo die grond uit en bereik die voorafbepaalde hoogte. Nou spring die timmermans aan die werk en binne `n kort tydjie is die gebou volledig van dakbedekking voorsien. By hierdie geleentheid het ons vroeëre hope ru materiaal ook totaal verdwyn. Ons sien nog net `n deel van die sand en `n deel van die gebluste kalk, maar daar word nou begin met die sogenaamde pleisterwerk en die afwerking van die huis. Hiermee verdwyn ook nog die twee laastes van die materiaal. Kyk, die huis is nou heeltemal afgewerk, van buite, sowel as van binne. Nou kom daar nog `n aantal ambagsmanne vir die kleiner werk: `n Timmerman, `n slotmaker, dan nog `n verwer, `n oondbouer en nog iemand wat die vloere lê. Hierdie ambagsmanne is nog `n ruk besig en dan staan die huis daar en dwing as te ware eerbied af. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 4

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar