Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Geestelike Son, Boek 1

5. As julle nou net julle gevoelens vergelyk, te begin by die sien van die ruwe materiaal, tot by die voltooiing van die statige gebou, dan sal julle tog sekerlik `n baie groot verskil daarin ontdek. Waardeur word die verskil egter teweeggebring? Ek sê vir julle: Deur niks anders as deur die doelmatige en goeie ordening en die eenword van die geskeide ruwe materie tot `n geheel. Toe julle aanvanklik tussen die hope ruwe materie rondgeloop het, was dit vir julle onbehaaglik in julle gemoed en julle gevoelens het chaoties deurmekaar gewoel. Toe julle gesien het dat die ruwe materie deur die vuur en deur die werktuie van die timmermans meer georden en bruikbaar gemaak was, het julle al behaagliker gevoel, want julle het nou reeds die moontlikheid gesien dat daar `n huis uit sulke geordende materie kan ontstaan. Maar nog steeds kon julle vir julleself geen volledige voorstelling van die huis maak nie.”

6. Toe julle die boumeester die bouplan sien uitlê, voel julle in `n sekere sin al aangenaam verras, want julle kon toe al sê: "Haai, kyk net, dit word `n manjifieke gebou!" Maar toe julle dit gesien het, nadat dit, op die afwerking na, voltooi was, het julle na die voltooiing daarvan verlang. En toe die gebou heeltemal klaar was, bekyk julle dit met groot genoeë en toe julle in die mooi en sierlike vertrekke van die huis rondgelei was, was julle hoogs verbaas en gesê: Wie het gedink dat so-iets uit die voorheen nog heeltemal ruwe materie kon ontstaan?

7. Kyk, so is dit ook gesteld met alles wat ons tot nou toe in die natuurlike son gesien het. Dit is ruwe brokke materie, wat in hierdie toestand, sonder samehang of verband verskyn. Wanneer iemand die bewoners van die son en al hulle werke afsonderlik beskou, kan hy geen samehang en geen onderlinge verhouding daarin ontdek nie. Eers in die geestelike word hierdie nog heeltemal ruwe brokke meer en meer georden. Uit die ordening kan dan afgelei word, vir welke hoër bestemming hulle dan wel bestaan, aangesien die innerlike van almal na een en dieselfde wese verwys, waarin hulle uiteindelike en volledige ordening eers tot `n volkome geheel kan word.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar