Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 57 Die Geestelike Son, Boek 1

1. Kyk, ons geselskap kyk vol verwondering na die poort, want dit is van blinkende goud en die omlysting is geset met diamante en robyne. Die woordvoerder sê dadelik aan die vermeende tafeldienaar: Maar beste vriend, dit is tog ietwat te veel van die goeie; as ek die goed sien, sou ek byna kan beweer dat die waarde van hierdie poort, volgens aardse maatstawwe, waaragtig alle skatte en rykdomme van die hele aarde oortref. Want om te begin, is die poort ten minste al so `n drie klafter* hoog en bowendien heeltemal massief. Ek laat die waarde van die goud nog buite beskouing, maar die vuisgrote diamante en robyne, o hemelse goedheid! *(Een klafter is 1.9 meter; drie klafter is dus 5.7 meter.)

Hoofstuk 57 Mobiele weergawe Kommentaar