Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

Die Heer op die wonderbare weë van Sy liefde

1. Kyk, daar voor ons lê alweer die welbekende heuwelland met sy klein, lieflike huisies. Maar hierdie keer verskyn hulle in `n nog helderder lig as die vorige kere. Die rede daarvoor is dat die liefde vir die Heer van hierdie drie, besonder magtig en sterk is.

2. Kyk hoe die Heer in Sy groot eenvoud self hierdie drie al die wonderlike heerlikhede van die vernaamste middaghemel uitlê en hulle laat sien, wie al die salige bewoners van hierdie streek is en waar hulle vandaan kom. Op aarde sou so 'n verklaring verseker `n baie ketterse indruk op ons prior (kloosterhoof) gemaak het, omdat hierdie besonder mooi en eindelose ver uitgestrekte hemelse landstreek byna slegs deur Protestante bewoon word. Nou staan egter alles vir hom in `n baie ander lig en by alles wat die Heer sê kan hy Sy oneindige goedheid, liefde en ontferming nie genoeg loof en prys nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar