Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

13. Die Heer sê: My liewe seun, broeder en vriend, kyk net na die pragtige paleise. Hulle is vol helderheid, vol lig en vol lewe uit My. Maar soos wat Ek oerwesenlik eintlik ook in hierdie paleise tuis is, ook so het jy My gedra in jou mond en op jou tong. Jy het egter gesien dat Ek daar nie eg wesenlik tuis is nie; daarom is daar ook in die geval `n probleem wat jou dra betref. Daaruit blyk dit dat jy My nóg op die hand, nóg op die arm gedra het; nie as vriend en opvolger van My eerste leerlinge nie, nóg as broeder, as getuie en verkondiger van My woord. Daarom mag jy jou ook hier oor die hoe, wanneer en waar nog eens duidelik uitspreek.

14. Die prior sê: O Heer, liefdevolle heilige Vader, ek het `n voorgevoel van iets groters, maar durf dit nouliks uit te spreek. Was dit miskien toe ek U as seuntjie in my hart nog so innig liefgehad het, dat ek dikwels uit liefde in trane wou wegsmelt of miskien wel in my amp, wanneer ek ook heimlik so 'n sterk liefde vir U gevoel het dat ek dikwels van suiwer verrukking as`t ware siek geword het, of was dit miskien in die oomblikke waarin ek by die sien van my arm broeders tot trane toe beweeg was en waarby ek hulle met U genade ook soveel moontlik die helpende hand gebied het? Het ek U in so 'n situasie miskien eens gedra? Maar dan sou ek tog nog nie weet watter keer dit was, dat U o Heilige Vader, U so diep verneder het dat U U deur my sou laat dra het nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar