Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

Die prior sê: O Heer, liefdevolle heilige Vader, ek het `n voorgevoel van iets groters, maar durf dit nouliks uit te spreek. Was dit miskien toe ek U as seuntjie in my hart nog so innig liefgehad het, dat ek dikwels uit liefde in trane wou wegsmelt of miskien wel in my amp, wanneer ek ook heimlik so 'n sterk liefde vir U gevoel het dat ek dikwels van suiwer verrukking as`t ware siek geword het, of was dit miskien in die oomblikke waarin ek by die sien van my arm broeders tot trane toe beweeg was en waarby ek hulle met U genade ook soveel moontlik die helpende hand gebied het? Het ek U in so 'n situasie miskien eens gedra? Maar dan sou ek tog nog nie weet watter keer dit was, dat U o Heilige Vader, U so diep verneder het dat U U deur my sou laat dra het nie. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 1, Paragraaf 14

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar