Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

14. Die prior sê: O Heer, liefdevolle heilige Vader, ek het `n voorgevoel van iets groters, maar durf dit nouliks uit te spreek. Was dit miskien toe ek U as seuntjie in my hart nog so innig liefgehad het, dat ek dikwels uit liefde in trane wou wegsmelt of miskien wel in my amp, wanneer ek ook heimlik so 'n sterk liefde vir U gevoel het dat ek dikwels van suiwer verrukking as`t ware siek geword het, of was dit miskien in die oomblikke waarin ek by die sien van my arm broeders tot trane toe beweeg was en waarby ek hulle met U genade ook soveel moontlik die helpende hand gebied het? Het ek U in so 'n situasie miskien eens gedra? Maar dan sou ek tog nog nie weet watter keer dit was, dat U o Heilige Vader, U so diep verneder het dat U U deur my sou laat dra het nie.

15. Die Heer sê: My liewe seun, broeder en vriend, kyk net na die klein huisies in die môre. Soos dit daar is, so is dit ook hier; wat jy ook neem, jy het die korrekte gegryp; en kyk, hier het die hoe, wanneer en waar één geword. Hoe dra jy My? Kyk, altyd in jou liefde vir My! Wanneer dra jy My? Altyd in jou liefde vir My! Waar dra jy My? Altyd in jou liefde vir My! Jy het My dus altyd in jou hart gedra.

16. Maar wie My in sy hart dra, die dra My ook op sy hand en sy arm. Maar soos daar in een hand en in een arm geen krag lê om te dra, as dit nie vooraf uit die hart kom nie, so kan ook niemand My dra op sy hand en sy arm wanneer hy My nie vooraf dra in sy hart nie. So is dan die "miskien" vir jou ontsluier, want dit was vir jou onseker hoe, wanneer en waar jy My gedra het.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar