Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

3. Ons het by hierdie geleentheid ook weer by ons welbekende rivier aangekom en die Heer hou daar ewe stil en sê vir die prior (kloosterhoof) en dus ook vir sy vrou en vir die lekebroer: Kyk, hier lê die grens tussen môre en middag. Hier aan My sy kan jy beide landstreke sien lê, maar hulle wat hier woon, kan dit nog nie sien nie. Hulle kan slegs die streek sien wat deur hulle bewoon word, maar wel in groot helderheid. Die omgewing van die môre kan hulle egter slegs aanskou as `n rooiagtige skynsel, wat vanaf `n verafgeleë, baie hoë gebergte op hulle neerstraal. Omdat jy nou beide streke sien, sê My dan net in watter streek dink jy woon Ek nou?

4. Die prior (kloosterhoof) kyk `n bietjie rond en sien aan die linkeroewer van die rivier `n groot stad lê. Hy sê: O liefdevolste Vader, daar aan die rivier, wat seker vol lewende water is, sal wel U hemelse Jerusalem lê waaroor geskrywe staan dat dit die stad van die lewende God is. Daarom sit ek seker nie die pot te ver mis as ek sê dat U in hierdie heilige stad woon, want so iets onsegbaar verhewe soos hierdie heilige stad hier, kan `n geskape engelegees hom tog in alle ewigheid nie voorstel nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar