Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 2

7. Die Heer sê: Ek sê jou, My liewe seun, broeder en vriend, ook nou is jy baie naby, want waarlik, net soos in die stede, kom Ek ook by belangrike geleenthede persoonlik in hierdie groot woonhuise, en verskyn wesenlik. Maar vir tydsduur en uitsonderlikheid is Ek ook in hierdie groot woonhuise nie anders aanwesig as in die stede nie; daarom mag jy nogeens daaroor nadink.

8. Die prior sê: O, heilige, liefdevolste Vader, nou gaan daar vir my `n lig op! Aangesien U op aarde veral so liefdevol en vertroulik na die kleinste en onbelangrike gegaan het, sal U miskien ook hier U woning dáár hê waar op die verste heuwels die klein, lieflike huisies ons so gasvry toelag. Omdat hierdie huisies egter almal volkome na mekaar lyk, is dit vir my moeilik om uit die baie huisies presies die korrekte aan te wys en om die eerste en die beste te neem, lyk my teenoor U, o Heer, ietwat onagsaam en onwaardig.

9. Die Heer sê: My seun, broeder en vriend, hier is dit raak met jou "miskien" want kyk, hier kan jy kies wat jy maar wil, dit is altyd die goeie. Weet jy trouens dat jy My op aarde miskien eens gedra het? Kan jy My nou ook sê hoe, wanneer en waar?

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar