Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 121 Die Geestelike Son, Boek 2

Is die passie op hierdie manier oorwin, dan soek die gees in homself na iets wat hom op aarde ook baie genoegdoening verskaf het, byvoorbeeld `n spel. In die geval verlang hy na speelgenote. Ook hierdie wens word ingewillig. Hy kom in die geselskap van bekende vriende en by die eerste samekoms gaan die verlange maar net uit na die vinnige moontlike reëling van `n spel. En baie gou word hy in `n toestand verplaas waarin hy alles vind wat vir die spel nodig is, presies soos in sy eie huis op aarde; kaarte, geld en sodanige. Die spel begin, maar eindig gewoonlik met die verlies van al sy geld en sy huis. Dat hy daardeur `n hekel aan die spel begin te kry, is vanselfsprekend; maar helaas kry hy ook `n hekel aan die spelers wat hom van alles afhandig gemaak het. Maar dan is ons begeleiers alweer onmiddellik byderhand, toon hom die nietigheid van sy hartstog en hoe hy hom daardeur steeds meer van God verwyder, in plaas van om nader aan Hom te kom. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 121, Paragraaf 2

Hoofstuk 121 Mobiele weergawe Kommentaar