Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 122 Die Geestelike Son, Boek 2

Verdere leiding van die leerlinge deur die planete en die sewe sfere van die son na hulle hemelse bestemming

1. Ook dit sal ons nie veel moeite kos nie, want ons moet goed bedink dat daar buite hierdie aarde, nog `n baie groot aantal ander aardbolle is waarop, net soos op hierdie aarde, vry wesens woon. Daar sal ons maklik agterkom watter eersvolgende dinge ons geeste sal kry om te doen. Elke aardbol hoort by een of ander komplete, planeetstelsel en in elke planeetstelsel staan alle hemelliggame met mekaar in verbinding en vind daar geestelik, sowel as natuurlik, `n onderlinge wisselwerking plaas.

2. Die planeetstelsel wat aan julle son behoort, is egter die eerste waarin ons geeste verder sal werk. In die eerste plek kom die maan. Hierop onderrig die geeste egter eerder op `n bestraffende as op `n vrye manier. So is die geeste hier ietwat te vergelyk met die onderwysers van die laerskool by julle, hulle het langs hulle leerboek, ook die tugroede byderhand.

3. Waarom dit hier nodig is, weet julle baie goed. Julle weet ook hoe dit daar op die maan lyk, hoe dit met sy bewoners gesteld is en ook hoe hulle onderrig word. Daarom is niks meer verder daaroor te sê nie.

4. Van daar af gaan hierdie leraars nog nie regstreeks met hulle leerlinge na die hemel nie, maar hulle begewe hulle in die geestelike sfeer van die planeet Mercurius, waar hoëre leraars reeds aanwesig is. Van Mercurius gaan hulle dan na Venus en dan vir `n groter verdeemoediging van Venus na Mars. Vir diegene wat op Mars nog nie die korrekte graad van verdeemoediging sy eie gemaak het nie, word daar dan nog `n kort uitstappie deur die vier - deur julle genoemde klein planete gemaak. Die wat op Mars al `n hoë graad van deemoed hulle eie gemaak het, word dadelik in die hoëre sfeer van Jupiter geplaas. Eers vanuit Jupiter gaan mens oor na die buitengewone heerlike Saturnus, van daaruit na Uranus en ten slotte na die reeds bekende laaste planeet met die naam Miron (Neptunus), maar vanselfsprekend, oral maar net in die geestelike sfeer van hierdie planete.

Hoofstuk 122 Mobiele weergawe Kommentaar