Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 122 Die Geestelike Son, Boek 2

2. Die planeetstelsel wat aan julle son behoort, is egter die eerste waarin ons geeste verder sal werk. In die eerste plek kom die maan. Hierop onderrig die geeste egter eerder op `n bestraffende as op `n vrye manier. So is die geeste hier ietwat te vergelyk met die onderwysers van die laerskool by julle, hulle het langs hulle leerboek, ook die tugroede byderhand.

3. Waarom dit hier nodig is, weet julle baie goed. Julle weet ook hoe dit daar op die maan lyk, hoe dit met sy bewoners gesteld is en ook hoe hulle onderrig word. Daarom is niks meer verder daaroor te sê nie.

4. Van daar af gaan hierdie leraars nog nie regstreeks met hulle leerlinge na die hemel nie, maar hulle begewe hulle in die geestelike sfeer van die planeet Mercurius, waar hoëre leraars reeds aanwesig is. Van Mercurius gaan hulle dan na Venus en dan vir `n groter verdeemoediging van Venus na Mars. Vir diegene wat op Mars nog nie die korrekte graad van verdeemoediging sy eie gemaak het nie, word daar dan nog `n kort uitstappie deur die vier - deur julle genoemde klein planete gemaak. Die wat op Mars al `n hoë graad van deemoed hulle eie gemaak het, word dadelik in die hoëre sfeer van Jupiter geplaas. Eers vanuit Jupiter gaan mens oor na die buitengewone heerlike Saturnus, van daaruit na Uranus en ten slotte na die reeds bekende laaste planeet met die naam Miron (Neptunus), maar vanselfsprekend, oral maar net in die geestelike sfeer van hierdie planete.

5. Sou iemand nou kan vra: Is dit dan die gebruiklike weg waarlangs alle geeste gelei moete word om ten slotte eendag in die hemel te kom?

6. O nee, sê ek, slegs die mense wat hier baie natuurlik en suiwer sinlik was, deurloop hierdie weg, onder leiding van die bekende geeste. Hierdie mense moet langs die ietwat moeisame wetenskaplike weg na die liefde en wysheid van die Heer gelei word, en wel omdat die natuurlike sinlikheid van die mens `n gevolg is van die opneem van `n werking, wat mens by die mens die planetêre noem.

7. Geen mens is weliswaar sondermeer genoodsaak om hierdie planetêre werking in hom op te neem nie, maar wanneer hy hom met die verlokking van die vlees en ander, die sinlikheid en prikkelende genoegdoenings besig hou, neem hy sulke invloede dan ook deels passief en deels aktief in homself op. Aangesien hierdie invloede meestal van sinlike aard is, is dit ook sleg, en die mens wie se gees nog daarmee behep is, kan die ryk van die hemele nie binnegaan solank hy nie al hierdie ondeugde afgelê het nie.

8. So is byvoorbeeld `n oordrewe liefde vir reis en handel die invloed van Mercurius, soos wat dit reeds by die oeroue wyses bekend was. Van Venus kom die estetiese geaarde liefde, soos dit ook al by die ou wyses bekend was; van Mars die strydlus en heerssug, soos wat die ou wyses ook weet; van Jupiter `n oordrewe pedante eersug, as gevolg van groot geleerdheid; van Saturnus die lig ontvlambare hartstogte; van Uranus die groot liefde vir prag en praal en van Miron `n oordrewe liefde vir allerlei kunsvorme soos musiek, poësie, skilderkuns, meganika, allerlei industriële vorme en sodanige dinge.

9. Dit wil nie sê dat die aardse mens dit vanuit die planete kry nie; die mens het dit alles van oorsprong in korrekte mate in homself en kan dit dus ook in homself opwek en op die regte manier gebruik. Wanneer die mens hom egter te fanatiek op een of ander gebied werp, dan oorskry hy die mate van invloed van so 'n planeet, omdat hy die invloedsfeer van die planeet wat hy in homself dra, teveel laat oorheers en hom heeltemal daaraan oorgee. Juis deur die opwekking van sy besondere passie, maak hy ongehinderd die weg vry vir die wisselwerking tussen beide die polariteite, dit wat nie moeilik te begryp is vir diegene wat van my eerste uitleg oor die oorsaak van sien nie, en kan onthou dat niemand iets kan sien wat nie in homself aanwesig is nie. Om juis die rede moet sulke geeste die reis deur die planete maak en in `n sekere sin langs die wetenskaplike ervaringsweg die vreemdsoortige weer daar deponeer, waarvandaan hulle dit gehaal het.

10. As hulle daarmee klaar is, gaan hulle na die son, waarop hulle ook eers al dieselfde planetêre eienskappe tot op die bodem moet ondervind. Eers na die beëindiging van so 'n skool word hulle die geringste oppassers van die klein kindertjies.

11. Die leiers word egter hier hoofonderwysers. En het hulle `n skool met goeie gevolg deurloop, dan eers word hulle as burgers van die heilige stad Jerusalem opgeneem, waar hulle egter wel eers verreweg die allergeringste moet wees. Hulle moet hulle daar deur die vernaamste burgers laat lei by allerlei grootse hemelse opdragte, wat bymekaar opgetel, nie deur `n wêreld vol boeke bevat sou kon word nie! Want so oneindig as wat die skepping van die Heer is, so oneindig veelsydig is ook die sake van die engele van die boonste hemel.

12. Nou ken julle die hele gang van sake en die uiteindelike bestemming van die kindergeeste-engele en dus ook die geestelike inrigting van die son. En dus is my leraarsamp ook vir julle ten einde. Keer julle daarom weer terug na die plek waar die Heer Self op julle wag!

Hoofstuk 122 Mobiele weergawe Kommentaar