Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 122 Die Geestelike Son, Boek 2

9. Dit wil nie sê dat die aardse mens dit vanuit die planete kry nie; die mens het dit alles van oorsprong in korrekte mate in homself en kan dit dus ook in homself opwek en op die regte manier gebruik. Wanneer die mens hom egter te fanatiek op een of ander gebied werp, dan oorskry hy die mate van invloed van so 'n planeet, omdat hy die invloedsfeer van die planeet wat hy in homself dra, teveel laat oorheers en hom heeltemal daaraan oorgee. Juis deur die opwekking van sy besondere passie, maak hy ongehinderd die weg vry vir die wisselwerking tussen beide die polariteite, dit wat nie moeilik te begryp is vir diegene wat van my eerste uitleg oor die oorsaak van sien nie, en kan onthou dat niemand iets kan sien wat nie in homself aanwesig is nie. Om juis die rede moet sulke geeste die reis deur die planete maak en in `n sekere sin langs die wetenskaplike ervaringsweg die vreemdsoortige weer daar deponeer, waarvandaan hulle dit gehaal het.

10. As hulle daarmee klaar is, gaan hulle na die son, waarop hulle ook eers al dieselfde planetêre eienskappe tot op die bodem moet ondervind. Eers na die beëindiging van so 'n skool word hulle die geringste oppassers van die klein kindertjies.

11. Die leiers word egter hier hoofonderwysers. En het hulle `n skool met goeie gevolg deurloop, dan eers word hulle as burgers van die heilige stad Jerusalem opgeneem, waar hulle egter wel eers verreweg die allergeringste moet wees. Hulle moet hulle daar deur die vernaamste burgers laat lei by allerlei grootse hemelse opdragte, wat bymekaar opgetel, nie deur `n wêreld vol boeke bevat sou kon word nie! Want so oneindig as wat die skepping van die Heer is, so oneindig veelsydig is ook die sake van die engele van die boonste hemel.

12. Nou ken julle die hele gang van sake en die uiteindelike bestemming van die kindergeeste-engele en dus ook die geestelike inrigting van die son. En dus is my leraarsamp ook vir julle ten einde. Keer julle daarom weer terug na die plek waar die Heer Self op julle wag!

Hoofstuk 122 Mobiele weergawe Kommentaar