Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 123 Die Geestelike Son, Boek 2

Terugblik op die aanskoue lewensfere van die tien geeste

1. Die Heer: Nou is julle weer hier. Sou julle My nie in julle gemoed wil meedeel wat julle alles by My Johannes gesien, ervaar en dus geleer het nie? Julle staan nou wel vol agting voor My en sê by julleself; wat moet ons U, o Heer, vertel, U, vir wie ons gedagtes al bekend was nog voor ons dit gedink het, ja nog voordat `n son die strale uit die wye oneindigheid na hom toe getrek het om dit dan weer met veelvoudige verhoogde krag te laat uitstraal?

2. Ja, My liewe kinders, julle het gelyk, die Vader weet weliswaar alles, maar nietemin pleeg Hy graag oorleg met Sy kinders, asof Hy nie alles sou weet nie. Ek sien egter `n geheime vraag in julle en dit lui as volg:

3. O Vader, ewige liefde en waarheid! Onbegryplik groot en wonderbaarlik, en bo alle menslike begrippe verhewe is dit wat ons nou in die sfere van U engelegeeste, van die eerste tot en met die laaste, gesien, gehoor, ervaar en geleer het. Ons sou nou nog graag net `n heilige woord van U wil verneem, waaruit ons kan aflei of dit alles werklik, dus die volle waarheid is.

4. Kyk, My liewe kinders, so lui julle geheime vraag en Ek antwoord julle daarop die volgende; dadelik by die begin, toe ons die wyserplaat aan die buitekant van ons klok bekyk het, of eintlik die buitenste sfeer van die geestelike son, het Ek julle gesê dat die hemel en die hele geestelike wêreld hom nie somaar êrens plaaslik as verskyningsvorm vertoon nie, maar dat hy hom in die geeste self bevind. Oftewel; die lewensfeer van `n gees is die wêreld wat hy bewoon.

Hoofstuk 123 Mobiele weergawe Kommentaar