Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 123 Die Geestelike Son, Boek 2

6. Dit was ook die geval; daarvan het julle julleself tot nou toe tien keer oortuig, deurdat julle in die sfeer van elk van hierdie tien engelegeeste die geestelike wêreld telkens in `n baie ander vorm gesien het. Dit is vir julle nou kristalhelder en Ek het vir julle nog daaraan toegevoeg dat julle die geestelike diorama in presies dieselfde geeste herhaaldelik kan deurloop, waarby julle die geestelike wêreld tog weer in `n baie ander vorm sal sien.

7. So kan julle ook weer die sfere van ander geeste binnegaan, waar julle weer baie ander vorme van die geestelike wêreld sou sien, in haar detail, sowel as in die geheel. In dié lig gesien, kan Ek julle op julle vraag ook geen algemene konkrete antwoord gee nie, maar Ek kan julle wel sê dat alles hom hier soos volg verantwoord; soos wat die saad is, so is die vrug; soos wat die werk is, so die loon; en soos wat die liefde die basis vir die werke is, so word ook die vorm van die wêreld wat hulle geestelik in hulleself skep.

Hoofstuk 123 Mobiele weergawe Kommentaar