Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 123 Die Geestelike Son, Boek 2

8. Julle het weliswaar verskillende vorme gesien, maar tog oral een en dieselfde waarheid. Want aan die vorm is niks geleë nie, maar alles slegs aan die waarheid.

9. En so wou Ek julle ook nie laat sien hoe die hemel, die geestelike wêreld of die hel lyk nie, maar slegs hoe dit alles ontwikkel, ooreenkomstig die geaardheid van die liefde in die gees van elke mens.

10. Om die rede het julle in oorvloedige mate duisenderlei vorme aanskou en by elke vorm was die innerlike waarheid aan julle geopenbaar. En dus kan Ek vir julle sê, dat julle in die sfeer van die waarheid, die hele omvang van die geestelike lewe gesien het.

11. Wat die vorme egter betref, dit gaan natuurlik soseer tot in die oneindige, dat julle in ewighede nog nie die geringste deel daarvan volledig sou kan aanskou nie! En daarom kan julle met `n volkome geruste gemoed met hierdie rykdom aan waarheid tevrede wees, veral wanneer Ek nog vir julle daarby toevoeg, dat solank as wat hierdie aarde deur mense bewoon was, die geestelike lewensomstandighede nog nooit so omvangryk en volledig onthul en geopenbaar was as hierdie keer nie.

12. Wat iemand ook maar soek, in watter situasie hy hom ookal mag bevind, in hierdie openbaring kan hy haarfyn agterkom hoe dit met hom gesteld is.

13. Wie dit alles met groot oplettendheid en volle aandag sal lees, sal die groot oortuigde waarheid, nie net in hierdie son-openbaring nie, maar lewendig in homself vind.

14. Sodat elkeen dit egter alles in homself as volkome waar mag ervaar, sal Ek kortliks nog enkele gelykenisse en beelde daaraan toevoeg, wat alle geheime hoeke van hierdie openbaring sal verlig. Vir vandag daarom My seën en daarmee is dit goed!

Hoofstuk 123 Mobiele weergawe Kommentaar