Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 124 Die Geestelike Son, Boek 2

Wanneer julle die evangelie hieroor naslaan, sal julle sonder moeite vind met watter algemene beelde Ek die hemelryk Self voorgestel het. Onder die gelykenisse vind julle die een van die mosterdsaadjie. Hierdie gelykenis is nou juis die een, wat hier die meeste geskik is. Klein is die saadkorreltjie; en wie sien die boomagtige groot plant daarin? Tog dra die mosterdsaadjie `n hele oneindigheid synsgelykes in homself. Tallose volkome gelyke mosterdsaadjies kan uit die een voortkom. Saai mens egter tallose mosterdsaadjies in die aarde, dan sal mens daaruit weliswaar dieselfde suiwer plante kry, maar van `n sekere simmetrie van die vorme is daar geen sprake nie, want daar sal nie een stam soos die ander lyk nie; net so min sal julle aan een en dieselfde boom twee volkome identiese simmetriese blare aantref. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 124, Paragraaf 1

Hoofstuk 124 Mobiele weergawe Kommentaar