Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 124 Die Geestelike Son, Boek 2

Elke mens dra `n ander saadkorrel vir die ontwikkeling van die geestelike wêreld in homself

1. Wanneer julle die evangelie hieroor naslaan, sal julle sonder moeite vind met watter algemene beelde Ek die hemelryk Self voorgestel het. Onder die gelykenisse vind julle die een van die mosterdsaadjie. Hierdie gelykenis is nou juis die een, wat hier die meeste geskik is. Klein is die saadkorreltjie; en wie sien die boomagtige groot plant daarin? Tog dra die mosterdsaadjie `n hele oneindigheid synsgelykes in homself. Tallose volkome gelyke mosterdsaadjies kan uit die een voortkom. Saai mens egter tallose mosterdsaadjies in die aarde, dan sal mens daaruit weliswaar dieselfde suiwer plante kry, maar van `n sekere simmetrie van die vorme is daar geen sprake nie, want daar sal nie een stam soos die ander lyk nie; net so min sal julle aan een en dieselfde boom twee volkome identiese simmetriese blare aantref.

2. Wie die voorbeeld vanuit dié gesigspunt opneem, sal tog sekerlik die gevolgtrekking daaruit trek dat aan die simmetriese vorm, wat die mens `n blywende of konstante sou kan noem, niks geleë is nie. Want of `n blaar op die een of die ander plekkie van die stam, tak of uitgroeisel groei, of dit ietwat groter of kleiner is of die stam self hoër opgroei of laer bly, meer of minder takke en latte uitskiet en altyd anders gestruktureerd is, dit maak nie saak nie, as die bestanddele van die plant en die bruikbaarheid daarvan maar een en dieselfde bly.

Hoofstuk 124 Mobiele weergawe Kommentaar