Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 124 Die Geestelike Son, Boek 2

10. In eindelose verskeidenheid verander die kontoere van die wolke; nooit sien julle een in presies dieselfde vorm weer terug nie. Maar bring dit julle lewe in die war? Sekerlik nie, want `n wolk mag in watter vorm dan ook in die lug verbytrek, sy bly daarom tog maar één wolk en slegs één waarheid, en haar doel is om reën te gee en wat ookal, op een en dieselfde wyse, wanneer alle voorwaardes, wat vir die ontstaan van reën noodsaaklik is, keurig aanwesig is.

11. En so is hier weer niks geleë aan die vorm nie, maar alles enkel en alleen aan die wesenlike en aan die doel.

12. Trouens, wat die skynbare, steeds wisselende vorm betref, dit is daar slegs om die gees, wat sy vreugde daaraan beleef, te stimuleer. Want onder `n ewige, volkome gelykvormigheid sou alles in `n ewige slaap weggesink het.

13. Die mens moet slegs sy heil en saligheid nie in die vorm nie, maar in die realiteit, in die werklikheid soek. Vir die ewige, steeds opnuut bekorende vormrykdom het Ek al vanaf die ewighede gesorg, en ook daarvoor geld die basisteks uit die evangelie:

14. "Soek bo alles die ryk van God en sy geregtigheid, en al die ander sal daarby aan julle geskenk word".

15. Vra daarom nie hierdie of daardie nie; hoe lyk die hemel en hoe die geesteswêreld? Dit is vergeefse moeite! Trag egter om elke woord van My deur die werke van die liefde in jouself lewend te maak; dan het jy al die hemel en alles wat aan die geesteswêreld behoort, lewend in jouself.

16. Want niemand sal ooit in `n hemel kom, wat sal lyk soos wat hy, op watter manier dan ook beskrywe, met sy voorstellingsvermoë in sy geheue opgeneem het. Elkeen dra sy eie hemel en sy eie geesteswêreld in homself, waarvan die vorm hom altyd sal rig volgens die aard van die liefde wat in hom is en na die werke wat daaruit voortgekom het.

17. Iemand wil graag die vorm van `n appelboom duidelik herkenbaar aan `n vreemdeling beskrywe en sê vir hom: Kyk, daar voor ons staan `n appelboom. Onthou goed hoe hoog en dik die stam is, waar sy takke en uitloopsels hulle presies bevind en hoe die blare en die bas lyk, en dan sal jy elke appelboom wat volkome aan hierdie vorm beantwoord, herken. So ge-onderrig, teken die vreemdeling die vorm van die boom noukeurig na en gaan daarmee na `n groot boord wat byna heeltemal uit appelbome bestaan. Hy vergelyk alle bome met sy getekende voorbeeld, maar vind nie één daar wat volkome so lyk nie, en daarom staan daar volgens hom in hierdie boord geen appelboom nie.

18. Daarom moet niemand hom ook vaslê op een of ander verskyningsvorm nie, want dan kom hy altyd bedroë daaruit. As hy dit egter heeltemal vanuit die gees van die waarheid aanskou, dan sal hy onder elke vorm die waarheid en die weg en die lewe vind!

19. Hierdie saak is van die grootste belang. Daarom moet elkeen alles wat hier gegee is, goed oordink en noukeurig aan homself toets, sodat hy vervolgens die ware grondsteen van die wysheid mag vind. So is dit en sal dit ewig wees; waar en goed. Om dit alles van naderby te belig, volg daar nog meer voorbeelde hierna!

Hoofstuk 124 Mobiele weergawe Kommentaar