Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 124 Die Geestelike Son, Boek 2

2. Wie die voorbeeld vanuit dié gesigspunt opneem, sal tog sekerlik die gevolgtrekking daaruit trek dat aan die simmetriese vorm, wat die mens `n blywende of konstante sou kan noem, niks geleë is nie. Want of `n blaar op die een of die ander plekkie van die stam, tak of uitgroeisel groei, of dit ietwat groter of kleiner is of die stam self hoër opgroei of laer bly, meer of minder takke en latte uitskiet en altyd anders gestruktureerd is, dit maak nie saak nie, as die bestanddele van die plant en die bruikbaarheid daarvan maar een en dieselfde bly.

3. Kyk, dit is in wese niks anders as wat Ek julle sê nie: Aan die vorm of die verskyningswyse van die geestelike wêreld is niks op sigself geleë nie, as aan al hierdie eindelose verskillende vorme en verskynings, maar een en dieselfde waarheid en een en dieselfde doel ten grondslag lê.

Hoofstuk 124 Mobiele weergawe Kommentaar