Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 124 Die Geestelike Son, Boek 2

5. Wanneer julle verskillende saadkorrels in die aarde strooi, en wel in presies dieselfde aarde, dink julle dalk dat daaruit presies dieselfde gewasse tevoorskyn sal kom, of selfs dat daar uit een en dieselfde soort saadkorrel `n volkome gelyke gewas sal opgroei? O volstrek nie, oral iets anders en by gelyksoortige sade ten minste `n ander uiterlike vorm.

6. Nietemin bly die grondstof altyd dieselfde; julle kan alle materie skeikundig ontleed soveel as wat julle maar wil of kan, en tog sal julle by die uiteindelike ontleding slegs op twee oergrondstowwe uitkom, naamlik op die welbekende baie vlugtige koolstof en op die saambindende suurstof.

Hoofstuk 124 Mobiele weergawe Kommentaar